Slegs Firefox vir Android bied soveel maniere om die
blaai-ervaring op 'n selfoon werklik u eie te maak.
Quick Share is die mees aanpasbare manier om enigiets te deel, en onthou die programme wat onlangs gebruik is. So kan elkeen die woord versprei nes hy wil.
Sien hoe dit werk
Maak die tuispaneel u eie met enige webinhoud en kry toegang tot u gunsteling-nuusvoere soos Instagram en Pocket Hits in 'n oogwink.
Sien hoe dit werk
Wys die tuispanele in enige volgorde. Voeg by, steek weg en vee hulle uit na hartelus om die gunstelinge by u vingerpunte te hou.
Meer inligting
Voeg enige soekenjin by en maak dit die verstek. Of verander dit te eniger tyd om te pas by u vereistes vir soek en privaatheid.
Sien hoe dit werk
Geniet 'n aangenamer lees-ervaring met die leesaansig en die leeslys. Kry gestoorde artikels selfs wanneer vanlyn.
Meer inligting oor die leeslys
Verander die blaaier se taal vinnig en maklik, sonder om die instellings vir die hele toestel te verander of selfs die blaaier te herbegin.
Meer inligting
Stuur video en webinhoud vanaf die slimfoon of tablet na enige TV wat toegerus is met ondersteunde stroomfunksionaliteit.
Meer inligting
Ons glo u persoonlike inligting behoort slegs aan u. Firefox vir Android is tjok-en-blok met die funksionaliteit om dit so te hou.
Blaai sonder dat geskiedenis, soekterme of koekies gestoor word, en keer dat versteekte derde partye mens volg op die Web.
Meer inligting oor private blaaierySkrap u blaaigeskiedenis, wagwoord en nog wat deur een keer te raak. Kies watter private data om te skrap wanneer en soos dit nodig is.
Sien hoe om die geskiedenis skoon te maakDeel die blaaier met vriende en familie sonder om te kommer dat hulle mekaar se aktiwiteit aanlyn sien.
Leer hoe om die blaaier te deelNeem wagwoorde, boekmerke oop oortjies en nog wat oral heen. Gebruik Sync op 'n slimfoon of tablet vir toegang tot alles wat nodig is op die rekenaar — en anders om — sonder om URL'e te hoef te onthou.
Meer inligting oor Sync