Dinge wat jy moet weet:
Jy stuur vir ons verskillende soorte data, afhangende van watter kenmerke van die dienste u gebruik.
- Firefox-rekening: Wanneer jy vir 'n rekening registreer, ontvang ons jou e-posadres en 'n gekodeerde weergawe van jou wagwoord. Jy kan ook 'n profielprent byvoeg, as jy wil. As jy Gravatar kies, sal ons jou e-posadres met Gravatar deel, om jou profielprent te kan kry.
- Sinchro: Indien jy Sinchro gebruik, ontvang ons 'n verskeidenheid inligting om jou oortjies, Awesome-balk, wagwoorde, boekmerke, blaaiervoorkeure en ander data oor verskeie toestelle heen te sinchroniseer.
- Toestelvinder: Indien jy Toestelvinder aktiveer, ontvang ons die benaderde ligging van jou toestel net wanneer jy by jou Firefox-rekening aanmeld en ons spesifiek versoek om 'n gekoppelde toestel te vind. Terwyl jy aangemeld is, kan ons jou toestel se mees onlangse bekende liggings op 'n kaart sien. Ons skrap hierdie liggings gereeld en sal nie verdere liggings versamel totdat jy ons versoek om dit te doen nie.
Ons gebruik koekies, deursigtige GIF's en ander webtegnologie om ons produkte en dienste te lewer en te verbeter.
-
Aanlyndata-nutsgoed: Ons gebruik "aanlyndata-nutsgoed" soos koekies, deursigtige GIF's en webbakens om die funksies van ons produkte en dienste te lewer. 'n Voorbeeld is koekiesbystand by gebruiker-aanmelding en -stawing. Ons gebruik ook hierdie selfde nutsgoed om data te versamel om ons produkte en dienste te verbeter. Ons gebruik byvoorbeeld koekies om webanalise te voorsien.
-
Options: Vir meer inligting oor wat koekies is en hoe om koekies in Firefox te bestuur, klik hier. Let op dat sekere kenmerke van ons produkte en dienste en ander produkte en dienste moontlik sonder koekies nie behoorlik sal funksioneer nie.