'n Gesonde Internet het elkeen van ons nodig

By Mozilla sien ons die Internet as ons grootste gedeelde wêreldwye hulpbron. Hoe gesonder dit is, hoe meer waarde put almal daaruit. Ons kan almal ons deel doen om die Internet oop, veilig en toeganklik te hou.

Oefen die reg tot privaatheid uit

Privaatheid beteken nie mens het iets om weg te steek nie. Dit beteken dat mens die vermoë het om te kies wie van elke beweging en handeling weet. By Mozilla verskaf ons gereedskap en veg vir beleid wat mense se identiteit en data reg oor die Internet respekteer.

Ontdek oop innovasie

Elkeen verdien die vermoë om aanlyn te skep en te kompeteer, sonder om te betaal vir toestemming. Ons het oop standaarde as die hart van ons missie, en skep geleenthede vir mense om gesamentlik te innoveer deur gedeelde idees en kode.

Help om die Web in die skares se hande te hou

Wanneer internettoegang en inhoud aanlyn beheer word deur enkele organisasies en regerings, stop die noodsaaklike vloei van idees en kennis. Ons staan vir 'n internet wat aan die mense behoort.

Maak plek vir almal

Die kwaliteit van die Internet is 'n weerspieëling van die diversiteit van die mense wat toegang het en kan bydra. Ons skep tegnologie, beleid en uitreikprogramme wat alle mense aanlyn verwelkom, ongeag ras, inkomste, nasionaliteit, of geslag.

Leer en onderrig oor die Web

Elkeen moet die vaardighede hê om in die digitale wêreld te lees, skryf en by te dra. Mozilla verskaf tegnologie en opleidingsprogramme wat almal se internetvaardighede verbeter, sodat hulle as gebruikers kan uitstyg om bydraers tot die toekoms van die Internet te word.

Kyk bietjie van nader na die kwessies

Lees die jongste op Mozilla se Internetburger-joernaal.